Local newsNews

Baanbreker Voortrekkers samel R4 000 in met karwasdag

Baanbreker Voortrekkers het onlangs ’n pret-belaaide karwasdag gehou om fondse in te samel vir die kommando.

Baanbreker Voortrekkers het onlangs ’n pret-belaaide karwasdag gehou om fondse in te samel vir die kommando.

Al die Voortrekkers het ’n beurt gekry om in spanverband karre te was.

Die karwas het 09:00 begin. Die eerste spanne wat moes karwas was die Graad Twee Pikkewynespan, Graad Ses Olifantspan en die Graad Sewe Drawwertjies (d gters) van die Uilespan. Die spanne het mekaar elke uur afgelos.
Volgens kommandoleier Hennie Venter was die dag ’n sukses en het die kommando ongeveer R4 000 ingesamel.

“Die atmosfeer was die heeldag feestelik. Almal het hulle gate uit geniet en natuurlik papnat geword. Daar was ook deurentyd eetgoed beskikbaar.

“Weens die pandemie kon ons vir twee jaar nie groot projekte van stapel stuur om fondse in te samel nie. Met geld wat ingesamel word, subsidieer ons onder andere die jaarlikse kommandokamp.

“Dit het net weereens bewys dat die Voortrekkers lekker kan saamwerk. Die reëlings vir die dag was gedoen deur Zelma de Klerk. Sy is een van ons heemraadslede. Ek wil vir haar en almal wat ons ondersteun het baie dankie sê,” het Venter gesê.

Die kommando hou ook sy jaarlikse inlywingsaand op 8 April wanneer alle nuwe Voortrekkers ingelyf word.
Vir meer inligting of om aan te sluit, skakel of stuur ’n WhatsApp aan die kommando by 083 560 7574.

Also Read: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens

Also Read: Prettige waatlemoenfees vir Baanbreker Voortrekkers

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button