Local newsNews

Egpaar vier 50 jaar van liefde

Om mekaar lief te hê en te ondersteun in goeie en slegte tye is die resep vir ‘n suksesvolle huwelik.

Om mekaar lief te hê en te ondersteun in goeie en slegte tye is die resep vir ‘n suksesvolle huwelik.

Dit is volgens Frans en Heila du Plessis van Rynpark wat op 5 Mei hul goue huweliksherdenking (50 jaar) gevier het.

Dit was liefde met die eerste oogopslag toe die paartjie by Hoërskool Goudrif ontmoet het.

Die liefde het aanhou blom en Frans en Heila het toe op 5 Mei 1972 voor die magistraat in Germiston die knoop deurgehaak.

Frans en Heila du Plessis op hulle troudag. Foto: Verskaf.

Frans en Heila het ongeveer hul hele getroude lewe in Boksburg gewoon voordat hulle twee jaar gelede Rynpark toe getrek het.

Liefde het die paartjie al die jare bymekaar gehou.

Voor hul aftrede het Heila ‘n kleuterskool vir 24 jaar besit terwyl Frans ‘n ketelmaker vir 44 jaar was.

Hulle is geseënd met drie kinders (Trudi Willemsen, Wendy Coetzee en Franscois du Plessis) en ses kleinkinders, wat ook volgens hulle die beste ding is wat uit hul huwelik gekom het.

Om die spesiale mylpaal te vier het Frans vir Heila blomme gegee. Hulle het mekaar ook bederf met koek.
Hulle raad aan jong paartjies?

“Moenie oor die kleinste goed hof toe hardloop of skei nie. Staan bymekaar en wees lief vir mekaar.”

Also Read: Ria Kasselman steeds aan die dans na 50 jaar by Inspan Volkspelelaer

Also Read: Liefde blom steeds na 60 jaar

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button