Local newsNews

ATKV Gesintak Boksburg steeds aktief

Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) Gesinstak Boksburg is steeds aktief en besig om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) Gesinstak Boksburg is steeds aktief en besig om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Die tak se doelwit is om uit te reik na die gemeenskap deur liefdadigheidswerk.

Deur die jare het die Boksburg-tak verskeie projekte van stapel gestuur soos gholfdae en Barnyard-fondsinsamelings.

Skenkings in die vorm van kos, toiletware en ander nodige behoeftes is aan verskeie organisasies soos Pikanini Dagsorg (Hannah Charity Organisasie) te Sonop Karavaanpark in Benoni, SAVF Huis Dien Bothma, Andries Scribante Haven en nog vele meer gemaak.

Die gesinstak het op 8 September 1994 onstaan. Die tak is begin deur Davie van der Merwe wat as takvoorsitter gestaan het tot Februarie 2015.

Dawie Brits het toe die leisels oorgeneem as voorsitter en het vir ‘n jaar gestaan. Daarna is Gideon Kleyn in Februarie 2019 verkies as takvoorsitter en staan tans steeds in die posisie.

Deel van die huidige takbestuur is Dawie Brits (ondervoorsitter), Kokkie Herman (tesourier), Elsabe Kleyn (sekretaresse), Koos de Villiers (addisionele lid) en Ettiene Kruger (verslaggewer).

Die tak staan tans steeds sterk met 23 lede.

Kleyn het verduidelik hul nuwe projek is om ATKV geskenksakkies in die gemeenskap van Boksburg uit te deel as beloning vir die gemeenskapslede se harde werk.

“Ons beplanning vir die toekoms is om steeds nuwe projekte aan te pak en die tak so lank as moontlik aan die gang te hou.”

Vir meer inligting, kontak Kleyn by 083 307 4398.

Lees Ook: ATKV Gesinstak Boksburg maak harte oop teenoor Huis Dien Bothma 

Lees Ook: Plaaslike ATKV-gesinstak hou jaarvergadering

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button