Baanbreker Voortrekker steeds aan die gang
Baanbreker Voortrekkers het gedurende Mei 'n bedrywige maand ervaar.
Volgens kommandoleier Hennie Venter het die lede van die kommmando onlangs ‘n leersame uitstappie te Monkey and Bird Park in Benoni geniet.
“Die lede het baie geleer oor die diere, na ‘n praatjie oor tiere se gedrag en gewoontes geluister en gekyk hoe die tiere gevoer word,” het hy gesê.
Op 16 Mei het twee grootwildjagters, Danie Nieuwoudt en Riaan Bronkhorst, die kommando by Laerskool Baanbreker toegespreek en prente vertoon oor hoe die natuur en veral wild bewaar moet word.
Hulle het ook die kinders en die volwassenes wat teenwoordig was ingelig oor wapenveiligheid. Hulle het onder andere beklemtoon dat daar altyd ‘n vlaggie in ‘n geweerkamer moet wees om te toon dat daar nie ‘n koeël in die loop is nie.
Venter het beklemtoon dit was ‘n baie leersame byeenkoms.
Die Voortrekkers het ook op 22 Mei hulle jaarlikse gesamentlike kerkdiens bygewoon. Ds Janré van Jaarsveld het ‘n mooi boodskap vir oud en jonk gehad.
Spanbyeenkomste vind elke Maandag tussen 16:00 en 17:00 plaas. Vir meer inligting oor Baanbreker Voortrekkers, kontak 083 560 7574.
Also Read: Prettige waatlemoenfees vir Baanbreker Voortrekkers
Also Read: Baanbreker Voortrekkers samel R4 000 in met karwasdag





