Local newsNews

AfriForum Boksburg spog met nuwe bestuur

Die nuwe bestuur wil graag die huidige veiligheidstruktuur versterk en fokus op die verbetering van die paaie en algemene netheid van die dorp.

Die AfriForum-tak in Boksburg het onlangs ’n aanlyn vergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur aangekondig is.

AfriForum-gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende lede is tot die bestuur verkies: Frankie Pedreiro (voorsitter), Gerald O’Kelly (ondervoorsitter), Bianca Matthyser (sekretaresse), Henlo Mienie (tesourier) en Daniel Ross (buurtwagleier).

“Baie dankie aan die vorige bestuur wat uitstekende werk gedoen het deur goeie selfdoenprojekte te vestig. Ek is vol vertroue dat die nuwe bestuur sal bou op die fondasie wat gelê is en met nuwe innoverende idees vorendag sal kom om verantwoordelikheid te neem oor die gemeenskap,” het Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, gesê.

“Die nuwe bestuur wil graag die huidige veiligheidstruktuur versterk en ook fokus op die verbetering van die paaie en algemene netheid van die dorp. Daar sal ook aktief druk geplaas word op die munisipaliteit om hulle tot verantwoording te roep vir dienslewering.”

Word vandag nog deel van AfriForum se Boksburg-tak: SMS “Boksburg” na 45340 (R1) of skakel vir Frankie Pedreiro by 071 312 7618 om betrokke te raak.

Lees Ook: AfriForum Boksburg donates food to the needy

Lees Ook: Afriforum Boksburg makes every drop count

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button