Local newsNews

Tannie Winnie gaan gemis word

Winnie word onthou vir haar goue hart.

Die gemeenskap van Boksburg-Noord is bedroef na die afsterwe van een sy geliefde inwoners, Winnie Bezuidenhout.

Winnie is op 9 Junie in die ouderdom van 84 by haar huis aan kanker oorlede.

Volgens haar skoondogter, Sandra Deysel, word sy onthou vir haar hart van goud.

“Winnie was `n gesiende vrou in die Boksburg gemeenskap. Haar medemens het vir haar meer beteken as wat sy vir haarself beteken het. Sy was op haar gelukkigste as sy iets vir iemand kon doen.

“Winnie het `n passie gehad vir haar diere en plante. Haar ouderdom het haar nooit terug gehou nie. Sy het voluit gelewe en selfs aangesluit by Undaunted Bikers Club waar sy bekend was as Ouma of Oumatjie.

“Winnie het soveel liefde gehad om te gee. Sy gaan gemis word deur haar familie, vriende en gemeenskap,” het sy gesê.

Sandra het bygevoeg Winnie is gebore 15 November 1938 in Welkom. Daarna het sy verhuis na Boksburg waar sy gebly het tot haar afsterwe.

Winnie was werksaam by Norman House vir `n groot deel van haar jong lewe. Daarna het sy in Boksburg Benoni Hospitaal, nou bekend as die Tambo Memorial Hospital, kantore gewerk vir `n aantal jare.

Sy het drie mans oorleef, 12 kinders gehad en laat 11 kinders, 35 kleinkinders, 52 agterkleinkinders en 2 agter-agter kleinkinders agter.

LEES OOK: Boksburg VLU hartseer na Tannie Wilmina sterf

LEES OOK: Voormalige burgemeester Abe Meyer sterf

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button