Local newsNews

Plaaslike skoonheid nou Mev Suid-Afrika finalis

Die skoonheidskoningin het voorheen verduidelik dat sy graag diere en kinders wil help deur haar platform,

Zelri Steyn van Bartlett het Boksburg se naam hoog gehou toe sy onlangs te Emperors Palace as ‘n finalis in die Mev Suid-Afrika kompetisie aangewys is.

Zelri, vrou van die gewilde sanger Gerhard Steyn, is opgewonde en sien uit na die res van die kompetisie.

“Ek het so baie gegroei die laaste vier maande. Ek vertrou die Here vir groot dinge, en dat Sy plan en Sy roeping vir my lewe sal seëvier. Ek is so dankbaar vir elke liewe persoon wat my so ondersteun in hierdie reis- my man, my ouers, vriende en familie.

Zelri Steyn is nou ‘n Mev Suid-Afrika finalis.

“As dit nie was vir hulle nie, sou ek dit nooit kon doen nie.

“Ek weet nie hoe enigiemand so ‘n kompetisie kan aanpak sonder ‘n ondersteunersnetwerk nie,” het Zelri bygevoeg.

Die publiek kan vir Zelri stem vir Public Choice.

Om vir haar te stem, SMS Zelri Steyn na 47587 (geen gratis of bondel SMS’e nie)

Also Read: Air your views in a Letter to the Editor

Also Read: Gerhard Steyn deel boodskap van hoop met Sakevroue

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button