News

Mosbolletjies doen weer goeie daad

Die skenking van breiwerk is moontlik gemaak deur donasies van die gemeenskap.

Talle behoeftiges het weer hierdie winter gebaat by die Mosbolletjie-groep en goedhartige skenking van gebreide items.

Vanjaar is daar gewoeker en ongeveer 173 truie, 200 mussies, 30 pare slaapkouse, asook 70 serpe en komberse is vir liefdadigheid gebrei.

Die groep, wat bestaan uit ongeveer 10 vrywilligers, het die breiwerk aan Dolly Potgieter, wie vrywillige welsynswerk doen, oorhandig om aan behoeftiges in die gemeenskap uit te deel.

Donasies vanuit die gemeenskap het dit vir die groep moontlik gemaak om die skenking te maak.

Die Mosbelletjies se koördineerder, Alida Bekker, het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die groep.

Diegene wat ’n bydrae wil lewer tot die Mosbolletjie-groep op betrokke wil raak kan vir by 083 542 7272 skakel.

Lees Ook: Mosbolletjies maak harte, lyfies warm met donasie

Lees Ook: Mosbolletjies woeker met breiwerk vir liefdadigheid

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button