Met ’n sagte glimlag, netjiese klere en die soort rustigheid wat net tyd kan bring, het Annie Malan onlangs haar 101ste verjaarsdag by SAVF Cosmos gevier. Malan, wat in Kuruman grootgeword het, het op 17-jarige ouderdom begin werk doen en later met Andries Malan getrou. Die paartjie is in 1948 in die huwelik bevestig en het hulle lewe in Kimberley voortgesit, waar hulle twee seuns grootgemaak het. Andries is in 2006 oorlede. Sy het in 2021 na Cosmos verhuis en bly steeds lief vir lees en brei.