Local news

Plaaslike gemengdegeveg kunster is gereed om Suid-Afrika te verteenwoordig

Die atleet benodig fondse om sy droom 'n realitieit te maak.

Boksburg se LK van Coller (13) is besig om sy stempel in die sport van gemengdegevegkuns (mixed martial arts – MMA) af te druk.

Die Advertiser het by hom gaan inloer om meer uit te vind oor hom sy loopbaan.

LK is een van Thunder MMA Club studente wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die MMA Federation Youth Kampioenskappe vir o18s in Abu Dhabi van 17 tot 20 Augustus.

Hy het eers aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en sy provinsiale kleure ontvang.

Hy het toe aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem en moes ’n eerste plek behaal om in oorweging te kom om sy land in Abu Dhabi te verteenwoordig.

Volgens LK se ma, Liana, is hy nou nege maande betrokke by MMA en hy het met harde werk bewys dat hy ‘n Suid-Afrikaanse kampioen kan word.

Vaughn Pretorius, Kiara Willemse en LK van Coller van Thunder MMA Klub is gekies om Suid-Afrika in Abu Dhabi te verteenwoordig.

“Hy het van die ouderdom van sewe jaar skopboks gedoen en verskeie Suid-Afikaanse titels veower.
“Verder het hy aan die WMO Wêreldkampioenskappe deelgeneem op die ouderdom van 10 jaar, wat in 2019 wat in Engeland Blackpool plaasgevind het. Hy het met twee silwer en een goud weggestap.

“Hy was ‘n aktiewe kind en moes ‘n kontaksport doen wat hom besig hou.”

LK het self gekies om so ’n sport te doen en het altyd van kleins af karate videos bestudeer. Hy hou ook van die sport omdat hy self ’n “gedisiplineerde kind is,” het sy gesê.

Hy wil graag in die rigting van sport studeer, veral kontaksport.

Verder wil hy professioneel aan MMA deelneem en wil graag die UFC-vlak bereik en sy eie kontaksportklub te stig.
LK het fondse nodig om in Abu Dhabi deel te neem en sal skenkings en borge waardeer.

Liana het ’n fonsinsameling georganiseer vir LK en twee ander studente van Boksburg wie ook deel is van die SA span, Kiara Willemse en Vaughn Pretorius, by die Savannah Spur (Sunward Park Lifestyle Centre) op 28 Julie.

Vir meer inligting kontak Liana by 065 949 4960.

Also Read: Leer Thunder Boxing Academy se stigter ken

Also Read: Kruger wants MMA comeback

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button