Local news

Kerk hou diens om personeel in uniform te bedank

Die doel van die dag was vir die gemeente om uit te reik en hierdie personeel te bedank vir die werk wat hulle doen.

Die Volle Evangelie Kerk (VEK) Kruisgenerasie, Boksburg-Noord, het op 15 November hul jaarlikse diens gehou vir alle personeel in uniform.

Ongeveer 61 gaste van die SAPS, nooddienste, Ekurhuleni metro polisie, veiligheisdmagte en mediese personeel was teenwoordig.

Pastoor Renier Pelser het die diens waargeneem.

In hierdie foto is Pastoor Renier Pelser, Kolonel Mack Mngomezulu (Boksburg-Noord SAPD bevelvoerder) en Pastoor Ben van Staden.

Verder is daar heerlike versnapperings vir almal voorgesit na afloop van die diens.

Die woordvoerder van die Boksburg-Noord SAPD Sersant Justice Ramaube, het gesê hierdie dag is belangrik, veral as pastore bid dat misdaad daal.

“Dit vorm ook onder andere deel van gemeenskapbetrokkenheid.”

Lees Ook: Kerk bedank personeel in uniform vir onbaatsugtige werk

Lees Ook: Kerk hou diens om dankbaarheid teenoor dié in uniform te toon

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button