Local news

Kom woon Geloftediens by

Kom gee uitvoering aan die Gelofte deur dié diens by te woon.

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.

Die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt kry die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Alta Prinsloo is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 05:00 by Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het Prinsloo vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur pastoor Derick van Zyl van AGS Lighuis.

Daar gaan vooraf hartlik saamgesing word, wat reeds om 08:40 begin.

’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds. ‘n Skenking aan die motorwagte sal ook welkom wees.

Vir meer besonderhede skakel Prinsloo by 082 612 0844.

Lees Ook: Ondersteun Geloftediens te Klipkerk

Lees Ook: Groot bywoning by Geloftediens

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button