Gastenker tragedie: Man steeds in hospitaal
Willem is steeds in baie pyn, maar dit gaan elke dag 'n bietjie beter.
Vir Willem Thomas Botha Swart het ‘n uitstappie om sy pille te gaan haal in ‘n nagmerrie verander toe ‘n gastenkwa op 24 Desember in Plantasie ontplof het.
Die Boksburg Advertiser het met hom by die Tambo-gedenkhospitaal gaan gesels, waar hy nog herstel.
Willem het verduidelik dat hy vroeg daardie oggend buite gewag het (waar die ambulanse aankom) vir die hospitaal se apteek om oop te maak toe hy ‘n lawaai gehoor het.
“Ek het eers gedink dit is ‘n kragopwekker was ingeskop het, maar nie eens 10 minute later nie was daar ‘n ontploffing en later nog twee. Dit was nag. Almal het net gegil en jy hoor hoe vensters breek. Daar is ‘n man wat in die straat geloop en gil het: ‘my been is af’. Hy is kort daarna oorlede.”
Die 56-jarige Parkrand inwoner het in sy rolstoel probeer vlug van die vlamme, maar het brandwonde aan sy bene en nek opgedoen. Sy hande is ook matig beseer.
“Dit is steeds verskriklik seer. Ek het eers nie besef ek het so erg seergerkry nie,” het hy vertel.
Willem het gesê hy was daardie dag met die ambulans na die Verre Oos-Rand Hospitaal geneem aangesien Tambo se ongevalle-eenheid in die ontploffing beskadig is. Sowat twee dae later is hy oorgeplaas na Tambo.
Daarna gaan hy by ‘n tehuis sowat twee blokke van die hospitaal verder hestel.
“Die behandeling wat ek hier ontvang is goed en alles was reg vir my toe ek hier aankom. Die doker het verduidelik dit behoort nog so twee weke te vat vir die wonde om uit te droog.
“Nou hou ek myself maar besig deur radio te luister en boeke en tydskrifte te lees.”
Tog is dit moeilik vir Willem om te verwerk.
“Ek sien nou ‘n sielkundige en dit help baie,” het Willem, ‘n sjef voor sy aftrede, vertel.
Hy het vertel sy wonderlike famile bring hom deur hierdie moeilike tyd.
“Ek sal graag wil aangaan met my lewe soos dit was, maar dit gaan vir altyd by my bly.
“Verder hoop ek dat almal wat hierdie tragedie oorleef het, heel anderkant sal uitkom en dat die Vader hulle sal bewaar en beskerm.”
Also Read: Gas tanker tragedy: Death toll rises to 41
Also Read: Gas tanker tragedy: units at Tambo Memorial Hospital reopened



