Local news

Paartjie vier diamanthuwelikherdenking

Die paartjie beplan om te gaan uiteet op hul spesiale dag.

Na ‘n huwelik van 60 jaar blom die liefde tussen Peter en Maryna Preis van die Kosmos Aftreeoord steeds.

Die paartjie het mekaar deur familie ontmoet en het op 2 Maart te NG Kerk Boksburg-Wes die knoop deurgehaak.

Tot vandag toe is Peter en Maryna onafskeidbaar en baie gelukkig saam.

Oor die jare het liefde hulle bymekaar gehou.

Hulle is geseënd met drie kinders, vier kleinkinders en ‘n agterkleinkind.

Peter was ‘n senior tegnikus by die Suid-Afrikaanse Lugdiens en het ook vir jare onderhoudswerk gedoen by Kosmos terwyl Maryna vrywillige werk by onder andere Strelitzia Dienssentrum gedoen het.

Peter en Maryna se raad aan jong paartjies: “Moenie kwaad gaan slaap nie. Die een moet respek hê vir die ander.

Geloof is ook belangrik. Sonder die Here kan ons dit nie doen nie.”

Om hulle spesiale dag te vier beplan die egpaar om te gaan uiteet.

Lees Ook: Boksburg SPCA to benefit from Balwin Charity Hat Walk

Lees Ook: Help Boksburg SPCA with its wish list

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button