Voortrekkers geniet kamp
Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.
Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het die jaar op ‘n hoë not afgeskop met hul jaarlikse 24-uur kamp te NG Kerk Witfield op 18 en 19 Februarie.
Volgens kommandoleier Gerhard Marais is die kamp deur 20 Penkoppe en Drawwertjies, agt Verkenners, sewe offisiere en drie Heemrade bygewoon.
Veldkook, onthaal, noodhulp, seremonie en selfverdediging was die spesalisasies wat vir die jeuglede aangebied was.
“Volwassenes het ‘n intree kurses bygewoon. Kinders het Vrydagaand lekker gesing, dans en fliek gekyk. Die kombuis het vir ons boereworsrolle, spaghetti bolognaise en jellie gemaak.”
Marais het sy dank uitgespreek teenoor elke offisier en Heemraad wat die ekstra myl gestap het om die kamp ‘n sukses te maak.
Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te 65 NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65.
Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak. Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers in die gemeenskap om betrokke te raak.
Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.
Lees Ook: Eerste vroulike hoof aan stuur van Laerskool Baanbreker
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers presteer



