Local news

Plaaslike Voortrekkers vier Hemelvaart

Die kommando gee die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret

Gure weersomstandighede het nie die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando gekeer om Hemelvaart te vier nie.

Die kommando was weer die jaar bevoorreg om die erediens vir Hemelvaart te NG Wes Gemeente by te woon.

Volgens kommandoleier Gerhard Marais het Ds Johan Nicols het soos altyd ’n besonderse boodskap aan die jeug van die kommando oorgedra.

Die diens was bygewoon deur 13 Penkoppe/Drawwertjies, drie Verkenners, twee Staatmakers, drie offisiere, en vier Heemrade ouers.

Marais bedank almal wat die koue en nat weer getrotseer het om die funksie by te woon.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

“Ons is ‘n beweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret. Die ouers kan ook betrokke raak,” het Marais gesê.

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 te NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65, bymekaar.

Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Also Read: Outreach ministry needs support for its feeding scheme

Also Read: Help Sunward Park NPO to assist the needy this winter

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button