Local news

Braaf die Boerboel besoek plaaslike skole

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek.

Braaf die Boerboel het onlangs Laerskool Goudrand en Laerskool Westwood besoek om welwillendheid onder die leerlinge te kweek.

Braaf, die breinkind van Boerboel Wear, is Solidariteit Helpende Hand se held wat na kinders se welstand en toekoms omsien.

Tydens die gelukbringer se besoek word daar gedans en na stories geluister.

Braaf die Boerboel het by Laerskool Westwood gaan kuier.

Annerie du Pisanie, voorsitter van die plaaslike tak, het verduidelik Braaf leer die leerders dat dit braaf is om te help en te gee.

“Dit is ons almal se plig om ‘n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek,” het sy bygevoeg.

Helpende Hand het ook ‘n reeks stories oor Braaf die Boerboel se dapperheid op hul webtuiste gelaai vir ouers en kinders se leesgenot.

Braaf die Boerboel tydens ‘n besoek aan Laerskool Goudrand.

Om hierdie stories te lees besoek https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel/

Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise en individuele gesinne.

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan wees.
Vir meer inligting, kontak du Pisanie by 083 990 3624.

Lees Ook: Events to diarise

Lees Ook: Events to diarise! What’s On in Boksburg

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button