Hoërskool Oosterlig se rugby het hierdie jaar hoë hoogtes bereik.
Oosterlig se eerste span het ‘n droogte van 11 jaar gebreek om hierdie jaar gekroon te word as die Valke-ligawenners van die grootskool-liga.
Die span se naelskraap oorwinning van 25-24 oor Hoërskool Hans Moore is vir die skool ‘n hoogtepunt.

Verder het die skool se o16A-span ook ‘n goeie dag op kantoor gehad.
Hulle het in die finaal teen Hoërskool Brandwag gespeel en die wedstryd deurgetrek met ‘n telling van 21-3.

Die o15A-span moes die knie buig in die finaal teen Leeuwenhof Akademie met 21-6.
Oosterlig is trots op die spanne se prestasies en sien uit na die 2025 seisoen.
Lees Ook: Mnr en Mej Oosterlig aangewys
Lees Ook: Oosterlig se tennisspelers maak reg vir SA’s



