Local news

Plaaslike Voortrekkers presteer

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Die Susan Bandenhorst Voortrekker Kommando is trots op sy lede wat vanjaar uitstekend presteer het.

Wikus Grobler (13) het ‘n Voorslag-toekenning verwerf en Louis Grobler (18) ‘n President Verkenner-toekenning,
Voorslag is die hoogste toekenning waarvoor ’n laerskoollid, Penkop of Drawwertjie, kan werk. President Verkenner is die hoogste toekenning wat aan ‘n jeuglid toegeken kan word.

Die broers het die toekennings verwerf nadat hulle aan die nodige vereistes voldoen het.

Dit sluit in die bywoning van kampe, aantal jare diens en kentekens wat verwerf is.

Kommandoleier Louis Grobler het sy trots uitgespreek oor die lede se prestasies.

“Dit is ‘n fantastiese prestasie. Hulle het met baie harde werk en toewyding deelgeneem.”
Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.

Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.

Lede kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65.

Vir meer inligting, kontak Louis by 082 495 5969.

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekkers soek nuwe lede

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button