Local news
EMS Chaplaincy bederf kinders by dagsorg vir Kersfees
Die kinders by die dagsorg het geskenksakkies ontvang in die gees van Kersfees.
EMS Chaplaincy & Trauma Support het onlangs ‘n feestelike besoek afgelê by Happy Tiggers-dagsorg, waar hulle die kinders bederf het.
‘Kersvader’, met die hulp van sy ‘elfies’, het geskenksakkies aan hulle uitgedeel.
Volgens Barbara Smith, een van die organiseerders, het hulle besluit om hierdie inisiatief te doen om ‘n verskil te maak by kleiner skole.
Smith het almal, insluitend Graphite Security, bedank wat ‘n bydrae gelewer het tot die dag se sukses
Die eienaar van die dagsorg, Ina van der Westhuizen, het haar dank uitgespreek teenoor EMS Chaplaincy.
“Dit het baie vir die kinders beteken.”
Lees Ook: Humanity Foundation treats first responders
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.