Local news

Help ander deur jou items aan Ons Winkel te skenk

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te breek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan word.

Is jy dalk besig om jou kaste leeg te maak na die feesseisoen?

Skenk dan jou items aan Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak se Ons Winkel te Mainstraat 49, Witfield.

Die tak se voorsitter, Annerie du Pisanie, het verduidelik dat die organisasie dit sal waardeer as die publiek wintersitems kan skenk vir die koue maande wat voorlê.

“Ons wil nou al begin voorraad opbou vir die wintermaande,” het du Pisanie gesê.

Ander items soos kombuisware en elektriese toebehore in ’n bruikbare toestand kan ook geskenk word.

Die publiek word ook aangemoedig om die winkel te ondersteun.

“Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels dra tot ‘n verskeindenheid projekte by soos Ons Sentrums, studielenings en werkskepping vir hul kontrakteurs.

Die inisiatief vorm boonop ‘n wonderlike netwerk binne Helpende Hand,” het sy bygevoeg.

Du Pisanie het verder gesê dat Helpende Hand se jaartema vir 2025 is welstand.

“Dit is ons mikpunt en ons roeping vir die jaar.”

Die winkel is op weeksdae oop van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00.

Vir meer inligting, kontak du Pisanie by 083 990 3624.

Lees Ook: Helpende hand het die publiek se hulp nodig

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button