Diens, toewyding en egtheid. Dít is wat Denise Janse van Rensburg, VF Plus-raadslid in Ekurhuleni, na die kroon van Mev Statebond Suid-Afrika Liefdadigheidskoningin 2025 gelei het. Die 34-jarige Ravenswood-inwoner is onlangs tydens ’n seremonie by die DAVINCI Hotel in Sandton vereer vir haar gemeenskapsbetrokkenheid en opregte diens aan ander. “Ek is diep geëerd om as Mev Statebond Suid-Afrika Liefdadigheidskoningin 2025 gekroon te wees. Hierdie titel was nie te koop nie – dit is verdien deur egtheid, toewyding en ’n ware hart vir diens,” het sy gesê. “Hierdie kroon is ’n viering van doel bo glans, medelye bo kompetisie, en die krag van om terug te gee. Ek is dankbaar vir die reis, elke les en vir die geleentheid om 'n ware, impakvolle verandering te verteenwoordig."