
Die Brakpan SAPD het die week by monde van kapt Peet van der Schyff ‘n waarskuwing gerig aan almal wat transaksies by kitsbanke (OTM’s) doen.
Volgens Van der Schyff is daar die afgelope tyd verskeie voorvalle aangemeld waar mense by die banke besteel of verkul is.
“Die publiek, en veral senior burgers moet altyd op hul hoede wees wanneer hulle transaksies doen, maar hierdie tyd van die jaar verg meer versigtigheid,” het van der Schyff gesê.
Hy het ook die volgende veiligheidswenke gedeel:
• Moet nie ‘n OTM gebruik wat afgeleë is of op ‘n swak beligte plek staan nie.
• Moet nooit ‘n OTM gebruik as dit blyk dat daar met die masjien gepeuter is nie.
• Moet nooit hulp van vreemdelinge aanvaar nie en hou te alle tye ‘n ogie op jou kaart.
• Indien jou kaart nie in die kaartgleuf wil gaan nie is daar waarskynlik mee gepeuter. Moet liewer nie jou kaart in forseer nie.
• Sleutel slegs jou pinnommer in as die masjien so aandui.
• As jy vermoed ‘n OTM is foutief, kanselleer die transaksie onmiddellik en rapporteer die probleem aan jou bank.
• Dit is ok nie raadsaam om jou kaart en pin op dieselfde plek te bere nie.
• Indien daar verdagte persone naby die OTM rondstaan is dit wys om eerder ‘n ander bank te soek.
• Verlaag jou daaglikse ontrekkingslimiet om sodoende te voorkom dat kriminele al jou geld onttrek indien hulle wel jou kaart in die hande kry.
Lees ook: Three hijackings in same Brakpan suburb on same day
Dangers of carrying cash this festive season
Follow us:



