NewsSchools

Jong sanger wen Gospel Idols

'n Graad 00-leerder van die Laerskool Môrewag het onlangs n eerste plek tydens die Gospel Idols 2013 kompetisie gewen.

Thailo Bibbey is net vyf jaar oud en die 24 ander deelnemers waarteen sy te staan gekom het was almal agt jaar oud en ouer.

Volgens Thailo se ma, Natalie, het die kleintjie nog geen formele sangafrigting gehad nie, maar luister sy graag wanneer haar ouer sussie, Jade (8), sing.

Sy het ook n ongelooflike gawe om die woorde van liedjies te memoriseer en vra gedurig vir my om die radio in ons motor so bietjie harder te sit, het Natalie vertel.

Thailo het vir die Idols-kompetisie ingeksryf en tot in die finaal gevorder, waar sy n eerste plek in haar kategorie behaal het.
Sy het ook n algehele derde plek in die kompetisie verower.

Die kleintjie het Jesus Loves Me gesing en die beoordelaars behoorlik beïndruk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button