CrimeNews

Ken jy die man?

Die polisie op Montagu is steeds opsoek na ‘n persoon wat homself heel moontlik in Brakpan bevind.

Die Herald het vroeër oor die man berig en daar was wel mense wat die Montagu SAPD gekontak het, maar die leidrade het doodgeloop.
Hermanus Francois Marais (Boefie) is in Oktober 2012 gearresteer en na sy skuldigbevinding na die tronk op Robertson gestuur
Hy het egter op 20 Maart vanjaar uit aanhouding ontsnap en die polisie vermoed dat hy homself in Brakpan bevind.
Marais is 36 jaar oud en ongeveer 1,8m lank. Hy het bruin oë en swart hare. Sy arrestasie het gevolg nadat hy ‘n voertuig by Montagu Toyota gesteel het.
Enigiemand met inligting kan vir s-ao Inus van Huyssteen (079 894 1784) of sers Surina Meyer by (082 499 3860) kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button