Local newsNews

Vermiste man oorlede

Die raaisel oor ‘n hawelose man, wat op 24 Mei spoorloos verdwyn het, is opgelos.

Die Herald het in Julie berig oor Wouter Pelser (46) wat verdyn het (Man verdwyn spoorloos).

Hy was vir meer as 12 jaar lank ‘n kliënt van die Ondersteuningsraad van Brakpan en die maatskaplik werker, Mona Loubser, was erg bekommerd oor sy welstand.

Volgens haar is hy reeds op 28 Mei in die Verre Oos-Randse Hospitaal oorlede. ‘n Familielid het hom later eers in die lykshuis gaan uitken.

Die presiese oorsaak van sy dood is nie aan die Herald bekend nie en herhaalde pogings om met die ondersoekbeampte in die saak in verbinding te tree het ook misluk.

“Ons is regtig jammer om van sy afsterwe te hoor, maar ten minste weet ons nou wat die situasie is,” het Mona gesê.

Volgens haar was Pelser ‘n vriendelike en behulpsame persoon, wat baie mense op die dorp geken het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button