Editor's noteLocal newsNews
Beplan dié naweek jou troue
Die jaarlikse Thabong Wedding Expo word dié naweek (Saterdag en Sondag) by die Thabong Wedding & Conference Venue, te plot 172, Denneweg, Rand Collieries, aangebied.

Vanjaar se expo spog met ‘n verskil, aangesien dit vir bruide sowel as buidegomme bedoel is.
Terwyl voornemende bruide met die uitstallers kommunikeer, kan die bruidegomme na antieke en luukse motors, wat vir troues verhuur word, kyk.
Besoekers kan ook ‘n helilopterrit bespreek en, in die vonkelwyn-area, waar kunstenaars sal optree, ontspan.
Paartjies kan ook inskryf vir die “Wen ‘n Troue”-kompetisie.
‘n Unike konsep, vanjaar, is die paneelgesprekke wat beide dae sal plaasvind, met interresante onderwerpe en nuttige wenke vir die groot dag.
Die expo is op beide dae vanaf 9vm tot 5nm aan die gang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



