Kry jou goor bure só terug
Het jy sonde met jou bure en wil jy graag ‘n stokkie daarvoor steek?

SABC2 is tans opsoek na stories in Afrikaans vir ‘n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure.
As jy sonde het met bure wat nie einde kry nie, het jy nou die perfekte kans vir ‘n oplossing wat almal hopelik goed sal laat voel.
‘n Paar van die uitdagings waarmee bure daagliks te make het sluit in kultuur en Godsdiensverskille tussen mekaar, grense, heinings en mure, geraas, katte, baldadige kinders en blaffende honde, geeste, spoke, tokolosse en heksery, diefstal, inbrake, parkering, vullis, huismoles, sjebeens en onwettige besighede,
Die vervaardigers nooi alle Afrikaans-sprekende inowners, wat probleme met hul bure het om hul stories op SABC2 te gaan vertel.
Dit is baie belangrik dat die belangstellendes instem om hul stories op televisie te vertel.
‘n Bemiddelaar sal byderhand wees om oor die probleem te gesels en te help om dit sommer net daar en dan op te los.
Belangstellendes kan ‘n epos met ‘n beskrywing van die probleem met die bure aan vredemetdiebure@gmail.com stuur.



