Editor's noteLocal newsNews

Stuur vir ons jou matriekafskeidfoto

Die Herald sal van nou tot en met ons laaste uitgawe, in Desember (20 Desember), foto’s van leerders se matriekafskeid funksies plaas.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na stacys@caxton.co.za, of by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview, ingehandig word.

Dit is baie belangrik om die name en vanne van die persone in die foto aan te dui, asook watter skool se matriekafskeid dit was.

Foto’s wat nie dié besonderhede by het nie sal nie gepubliseer word nie. Foto’s wat van swak gehalte is sal ook nie oorweeg word vir plasing nie.

Alhoewel ons alles in ons vemoeë sal doen om al die foto’s te plaas, kan ons nie verantwoordelik gehou word indien alle foto’s nie verskyn nie.

Daar is geen koste verbonde aan die plasing van ‘n foto nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button