Editor's noteLocal newsNews

Laat die water spat

Persone wat daarvan hou om te swem en deel wil wees van ‘n wêreldwye “Aquathon”-dag kan solank 9 November in hul dagboeke omkring.

Swemgroepe van 42 lande, wêreldwyd, gaan op dié dag vir drie ure aanmekaar aqua aerobiese oefeninge uitvoer.

Die Gautengstreek word deur Brakpan verteenwoordig en die swemsessie sal te Vredestraat 18, Dalview, plaasvind.

Drie verskillende instrukteurs sal vir drie ure sorg dat deelnemers aan die gang bly.

“Dit sal nie nodig wees vir almal om drie ure aanmekaar te oefen nie. Mense wat net kans sien om ‘n rukkie te oefen sal ook geakkomodeer word,” het die organiseerder, Arauna Bezuidenhout, gesê.

‘n Inskryingsfooi sal gehef word en belangstellendes moet vooraf plek bespreek deur vir Bezuidenhout by 072 493 3283 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button