
Met verwysing na die voorbladberig van 18 Oktober (Growing by the day).
Dit is ‘n skande dat die ingang tot die dorp so moet lyk. Dit is die eerste indruk wat besoekers kry van Brakpan en dit skep ‘n baie swak indruk.
Behalwe dat hierdie plastiek plakkerskamp die ingang tot die dorp ontsier, veroorsaak die mense ‘n groot gevaar vir hulself en motoriste.
Hulle beweeg oor die pad sonder om komende verkeer in ag te neem.
Wat my meer pla is dat daar nou ook verskeie plakkershutte langs die ou Lokasiepad opgerig word.
Elke dag is daar een of twee by. Op die oomblik is dit nog redelik goed versteek, maar ek glo dit sal net ‘n kwessie van tyd wees voordat die area ook heeltemal oorgeneem gaan word deur onwettige plakkers.
Die algemende verkiesing is op hande en ek wonder wie gaan watter beloftes maak.



