Swendelaar kul vroue
Twee inwoners van die Badenhorst Meenthuise, in Larrendale, is onlangs ingeloop deur ‘n man wat voorgee dat hy dringend geld nodig het vir sy siek ma.

Volgens een van die vroue, wat versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie, het die man verlede week by die meenthuiskompleks aangekom en haar genader.
“Hy het gesê dat hy dringend geld nodig het om krag te koop angesien sy ma deur middel van ‘n ventilator asem haal. Hy het voorts gesê dat sy vrou werk toe gery het met hul bankkaart,” het die inwoner vrtel.
“Die man het homself as James voorgetel en hy was baie netjies geklee. Hy het natuurlik ook gesê dat hy die geld sou terug gee.”
Dié vrou en nog ‘n inwoner, wat vir dieselfde storie geval het, het elkeen R100 aan die man oorhandig. Hy het selfs later teruggekeer en gesê dat hy nog ‘n biejtie meer nodig het.
“Ek het die man in my huis toegelaat en eers agtena besef dat dit nie baie wys was nie,” het die vrou gesê.
Kapt Joep Joebert, woordvoerder vir die Brakpan SAPD, het gesê dat die publiek onder geen omstandighede vreemdelinge in hul huis moet toelaat nie.
“Dit is ook raadsaam om sulke voorvalle by die SAPD aan te meld,” het hy bygevoeg.



