Die span het onlangs die sewe’s kampioenskapstoernooi in die Krugerwildtuin gespeel en met van die land se top rugbyskole afgereken.
Die toernooi staan bekend as die “Save the Rhino”-toernooi en het in Skukuza plaasgevind.
“Om in hierdie toernooi te speel moes ons gekwalifiseer het deur in een van ses toernooie te speel en in die top vier te eindig,” het Rocky Truter, afrigter van die span verduidelik.
Die Anker het egter in drie toernooie gespeel en goed gevaar.
Potch, Volkskool (tweede); Merensky, Tzaneen (eerste) en Glenwood, Durban (derde).
In die finaal in Skukuza het Die Anker ‘n harde pad gehad na die halffinaal van die toernooi.
Die span het vyf wedstryde gespeel en slegs teen Garsfontein verloor.
Die Anker het gewen teen Wonderboom 13-7, Waterkloof 19-6, Centurion 13-5 en HTS Middelburg 7-5.
“Dit was vir ons ‘n fantastiese goeie toernooi en die spelers het my regtig verbaas.”
“Hulle het al die top skole verras en derde in die toernooi geëindig.
“Ons moes meeding teen skole soos Monnas, Waterkloof, Florida, HTS Middelburg, Centurion en Middelburg Hoërskool,” het Truter gesê.



