LettersLocal newsNewsOpinion

Baie dinge pla

Danie Keet, Minnebron, skryf:

Ek woon die afgelope 14 jaar in Minnebron en was relatief tevrede met die woonbuurt.

Deesdae is dit ‘n baie ander saak.

Ek was een van die ongelukkiges wat nie ‘n swart asblik van die munisipaliteit gaan haal het nie, want ek het nie daarvan geweet nie.

Nou word my vullissakke net verwyder wanneer die mense so voel. Maar ek moet steeds elke maand vir vullisverwydering betaal, soos op my munisipale rekening aangedui word.

Maar dit is nie die enigste probleem waarmee ek te make het nie. Dit wil vir my lyk of die inwoners van Minnebron glad nie omgee vir die reëls van die pad nie.

Ek woon reg by ‘n stopstraat en as twee uit elke 20 voertuie stilhou is dit baie.

Naweke word daar veral gejaag en ek kan nie dink dat ek al ooit ‘n verkeersbeampte in die 14 jaar wat ek hier bly, gesien het nie.

Die ander ding wat my grief is mense wat nie omgee hoe hul plekke lyk nie. Daar word ook nie meer na die parke en oop stukke grond omgesien nie.

Ek dink ek moet liewer maar my goed oppak ek trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button