Editor's choiceLocal newsNews

Vier-jarige toor met die kwas

Wanneer die vier-jarige Feebey Petzer met ‘n verkwas in haar hand, voor haar ekstra klein esel staan, is daar absoluut geen keer aan die klein kunstenaar nie.

Die helderkleurige skilderye wat sy skep is merkwaardig en daar is geen twyfel daaraan dat sy ‘n groot talent het nie.

Feeby het eers vroeër vanjaar begin skilder, onder die wakenede oog van haar ouma, Nellie Petzer, wat self graag skilder.

“Ons het besef dat Feebey dit geniet om prentjies te teken en in te kleur,” het Nellie vertel.

“Ek het eendag vir haar ‘n klein doek voorberei en vir haar die nodige verf en kwaste gegee.

“Sy het ‘n natuurlike aanvoeling en talent en ons almal was verstom oor die gemak waarmee sy skilder.

“Ek maak haar steeds bietjie touwys oor die verskillende tegnieke en sy luister en leer graag.”

Feeby verf net wanneer sy lus is en soms neem dit ‘n hele tydjie om ‘n skildery te voltooi.

Wanneer sy skilder is dit ook altyd met ‘n spesifieke hoed op haar kop.

“Dit is te oulik om haar te sien terug tree, nadat sy ‘n stuk van die doek geverf het, om haar werk te besigtig,” het Nellie gesê.

Feebey vertel dat sy daarvan hou om met helder kleure te skilder, en pienk is beslis bo haar haar lys.

Haar gunsteling skildery is ‘n gesig van ‘n donkie wat sy in pienk en pers geskilder het.

Sy vertel ook dat sy nie sommer gaan ophou nie.

“Dit is vir my lekker en ek is bly dat my ouma my mooi leer,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button