Dit was veral die aflosse wat baie beïndruk het.
Elspark, Oosterlig, Dinamika, Springs Boys High en Oosterland (Secunda) moes in vyf van die agt aflosse sake uitspook vir tweede, derde, vierde en vyfde plekke.
Die Anker het die byeenkoms met meer as 350 punte gewen.
“Ons juniors is gewoonlik baie sterk, maar tydens die byeenkoms het ons seniors, en veral die meisies, ook uitstekend presteer,” het Rocky Truter, van die Anker, gesê.
Die senior dogters, soos Nikita le Roux (800m, 400m, en 1500m) en Danielle Immelman (100m en 200m), asook Suzanne de Klerk (skyfwerp en gewigstoot), het al hulle items gewen.
By die juniors, veral by die o-15 seuns, het dit net so goed gegaan.
JJ Keyser het die 100m in 11.1s kaf gedraf en ook die 200m, hoogspring- en verspringitems gewen.
Die o-14 seuns was ook indrukwekkend, met Hugo Claasen en Juandré van Vuuren wat in die 100m kop aan kop oor die wenstreep geghardloop het, met tye van 11.2s en 11.3s.
Hugo het ook al sy items (100m,200m en hoogspring) gewen.



