Oud-Stoffbergers na 60 jaar byeen
’n Groep oud-leerders van die Hoërskool Stoffberg het onlangs bymekaar gekom om hul 60ste reünie te vier.
In 1953 was daar slegs 33 leerlinge en het die skool bekend gestaan as die Hoër Seunskool Stoffberg.
Die meisieskool is in daardie jaar gestig, maar as gevolg van die feit dat daar te min onderwysers was, het die meisies saam met die seuns begin skool gaan.
“In 1963 het ons, ons 10de reünie by die skool gehou en eers weer in 2003 bymekaar gekom om ons 50ste reünie te vier,” het Freda van der Merwe, een van die oud-leerders gesê.
“In 2011 het agt oud-leerlinge met hul gades in Pretoria ontmoet en ’n reünie in die kleine gehou.”
“ Vanaf 2003 het ons met hartseer sewe vriende aan die dood afgestaan”.
“Die groepie wat by ons mees onlangse reunie was, was al wie ons kon opspoor het Freda gesê.
Sy het bygevoeg dat oud-leerders, wat in 1953 aan die Hoërskool Stoffberg gematrikuleer het, baie welkom is om haar te kontak by 082 892 8034. Freda se nooiensvan, was Verster.



