Local newsNewsSchools

Gestremdheid kry die leerder nie onder

Thinus van Staden, ‘n gestremde graad 12 leerder aan die Muriel Brand Skool, het drie onderskeidings behaal en, ten spyte van sy gestremdheid, ‘n suksesvolle skoolloopbaan op ‘n hoë noot afgesluit.

Thinus is in 1994 met spina bifida gebore en het reeds reeds 38 operasies ondergaan. Hy was soms vir maande bedlêend, maar het steeds op akademiese gebied presteer.

Hy is aan die einde van verlede jaar, tydens Muriel Brand Skool se prysuitdeling, aangewys as die akademiese dux-leerling.

Hy het ook ‘n spesiale toekenning ontvang as die jaarlikse akademiese toppresteerder vanaf graad een tot 12.

Thinus was ook ‘n senior raadslid (prefek) van die skool vanaf 2012 tot 2013.

Hy beplan om ‘n sagteware ontwikkelings kursus te voltooi.

“My passie is rekenaars en ek sal graag verder in die rigting wil studeer,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button