MunicipalNews

Vullisblikke: Metro verduidelik

Die Herald het onlangs 'n berig geplaas oor die inwoners van Dalpark se frustrasies toe hulle aan die beurt gekom het om vullislikke te gaan afhaal. (Vullisblikke sonder wiele frusteer inwoners).

Die blikke was wel gereed, maar die wiele het ontbreek en inwoners moes lank wag om uiteindelik die blikke in ontvangs te neem.

Die metro het op die Herald se navraag gereageer en soos volg kommentaar gelewer:

Die Ekurhuleni Metro is tans in die proses om 240 liter vullisblikke onder die inwoners van Brakpan en die omgewing te versprei.

Die blikke word in mekaar gestapel, sonder die wiele en asse, om dit sodoende na die verspreidingsareas te vervoer.

“Ons vra omverskoning oor die vertraging wat veroorsaak is,” het ‘n woordvoerder van die metro gesê.

Die woordvoerder het voorts gesê dat die verspreiding van die blikkke somtyds van deur tot deur gedoen word, of vanaf ‘n sentrale punt in ‘n woonbuurt.

Laasgenoemde is tans die beste opsie is en dit lewer die beste resultate.

“Verspreiding van die blikke sal ook oor naweke gedoen word, om die proses te versnel, aangesien meer inwoners oor naweke tuis is,” het die woordvoerder gesê.

Brakpan-sentraal is die volgende area wat aan die buurt sal kom, maar die metro het nie spesifieke dae of datums of verpreidingspunte verstrek nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button