Editor's choiceLocal newsNews

Diefstal lei tot kragskade

Die Herald het verlede week berig oor die inwoners van die 50 huisies wat wat byna almal skade gelei het, toe ‘n kragoplewering (power surge) plaasgevind het. (Kragfout lei tot groot skade). Die meestal bejaarde inwoners se wasmasjiene, televisies, radio’s, yskaste, mikrogolfoonde en rekenaars het in die slag gebly. Baie van die inwoners is nie …

Die Herald het verlede week berig oor die inwoners van die 50 huisies wat wat byna almal skade gelei het, toe ‘n kragoplewering (power surge) plaasgevind het. (Kragfout lei tot groot skade).

Die meestal bejaarde inwoners se wasmasjiene, televisies, radio’s, yskaste, mikrogolfoonde en rekenaars het in die slag gebly.

Baie van die inwoners is nie in ‘n posisie om die items te vervang nie en meeste van hulle het ook nie assuransie nie.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die Frank Mynhardt Sorgsentrum, wat ook in die Tweedy Park kompleks geleë is, net so erg deurgeloop het.

‘n Besuurslid van die sentrum het gesê dat die skade op meer as R100 000 geraam kan word.

“Ons inloop vrieskaste, kombuistoerusing, geslote kring televisiekameras en lugverkoeling is deur die kragoplewing onklaar gelaat.”

“’n Baie groot probleem was ons die klokkie-sisteem, wat ons inwoners gebruik om hulp te ontbied,” het die bestuurslid gesê.

“Dit was ‘n prioriteit en ons moes dit dringend vervang,” het hy bygevoeg.

Die Herald het ook meer oproepe van inwoners van die Tweedy Park huise ontvang, wat hul misnoeë te kenne gegee het.

“Ek en my man was is oud en ons enigste plesiertjie was om televisie te kyk en radio te luister,” het ‘n 72-jarige inwoner, wat versoek het om annoniem te bly, gesê.

“Ons kan nie die goed vervang nie en nou sit ons maar net hier rond. Dit is regtig nie lekker nie. Ons het ook die stadsraad probeer kontak, maar ons kom nie reg nie,” het die vrou gesê.

Die Ekhurhuleni Metro het in ‘n kort verklaring gesê dat die daar by die substasie, wat die area van krag voorsien, ingebreek is.

Die neutrale kabels van twee transformators is gesteel en dit het die kragoplewing veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button