Mnr SA titel in sy visier
Brakpan inwoner Gerhardus Grobbelaar (25) het sy oog op die titel van Mnr Suid-Afrika, wat later vanjaar aangewys word.
Die Herald het ‘n paar vrae aan hom gestel.
* Waar het jy grootgeword?
Ek het in Bloemfontein grootgeword en het my skoolloopbaan aan Jim Fouche High voltooi.
* Wat het jou laat besluit om vir die Mr Suid-Afrika kompetisie in te skryf?
Die soeke na ‘n geleentheid om te kan staan vir wie ek is. Ek wil doelwitte stel en dit bereik. Ek wil nie net die “model”-gedeelte daarvan geniet nie, ek wil baie beslis ‘n goeie rolmodel vir ander wees.
* Hoeveel deelnemers is daar en wanneer word die finaliste gekies?
Daar is 55 deelnemers. Die deelnemers gaan gedurende Mei aan ‘n televisie realiteitsprogram deelneem. Die program sal later uitgesaai word en gedurende dié tydperk sal 12 finaliste gekies word.
* Hoe werk die Mnr SA kompetisie; kan die publiek ook stem of berus die keuse by ‘n paneel beoordelaars?
In die eerste fase van die kompetisie word daar van al die finaliste verwag om sekerke projekte aan te pak, wat deur ‘n paneel beoordelaars in oënskou geneem sal word. Die publiek kan ook per SMS stem. Persone wat vir my wil stem (en ek sal dit baie hoog op prys stel) kan ‘n SMS stuur na 47439. My unieke kode is MRSA 029. SMS’e beloop R3 per SMS.
* Beskryf jouself in vyf woorde.
Liefdevol, ambisieus, opofferend, moedig en braaf.
* Wat is jou stokperdjies en belangstellings?
Ek skryf graag, swem, werk aan voertuigenjins en herbou klassieke motors, binnenshuise versiering, die mode, fotografie, skilder, intellektuele rekenaar en -boek speletjies (soos Sudoku). Ek geniet ook die buitelewe.
* Wat maak jou kwaad?
Onregverdigheid en blindelingse aksies teenoor individue.
* Jy het ‘n boek geskryf, vertel daarvan.
Die titel van die boek, wat aanlyn gepubliseer gaan word, heet “Just Something”. Dit handel oor lewensondervindinge, riglyne en oor die lewe uit ‘n universiële oogpunt.



