Kondisies (in die Puk-16 reeks) was uiters moeilik om in rugby te speel, met die velde wat seepglad en vol moddergate was van die afgelope paar weke se deurdringende reën.
Dit het gemaak dat Stoffies se agterlyn gesukkel het om aan die gang te kom, en teen halftyd het dit gelyk of die skrif aan die muur was vir Stoffberg, met Pretoria-Noord wat 8-0 voor was.
Stoffberg se spelers het egter nie gaan lê nie, en kort na rustyd het Lohan Coetzee ‘n drie gaan druk wat deur André Kruger vervyf is.
Weens die moeilike hantering het die losskakels baie staat gemaak op hoë skoppe om veld te probeer wen, en na ‘n bal wat reggespring het, het Renier Robbertse onder die pale gaan kuier.
Tien minute voor die einde het die Pretorianers ‘n strafskop reg voor die pale gekry nadat hulle knaend aangeval het om die telling 12-11 te maak.
Stoffberg se tweede rugbyspan is ook nog onoorwonne in die reeks, na hulle hul wedstryd met 24-3 gewen het
Stoffies se o-6 hokkiespan het ook ‘n goeie dag beleef en die Pretorianers behoorlik geklop, met met ses doele teen een.



