Local newsNews

Honde word vergiftig

Inwoners van Kitzingerlaan is erg bekommerd na ‘n vlaag van hondevergiftigings wat die afgelope tyd daar voorgekom het.

Marilize Weitsz (23), wat in ‘n tuinwoonstel in die straat woon, was  verlede Maandagoggend erg ontsteld toe haar worshondjie ‘n draai buite gaan loop het, en minute later dood is.

“My hondjie slaap in die huis en Maandagoggend het hy oudergewoonte uitgegaan om sy besigheid te doen,” het Marilize gesê.

“Toe die hondjie terug kom in die woonstel het hy siek gelyk en begin opgooi.

”Ek het besef dat hy gif ingekry het, maar voordat ons nog in die kar kon klim om by die veearts uit te kom was hy reeds dood,” het Marilize gesê.

‘n Jong boerboel, wat aan die inwoners van die hoofhuis op die perseel behoort, is ook dood aangetref.

Volgens Marilize het twee ander groter honde, wat ook op die erf was, wel gif ingekry, maar hulle kon gered word.

“Ek weet dat die mense oorkant ons se honde ook vergiftig is,” het Marilize gesê.

Volgens haar was die honde in die straat vir ‘n paar nagte, voor die voorval, erg onrustig.

“Ons het elke keer ondersoek ingestel maar het nooit iets verdags gesien nie,” het sy gesê.

“Dit is baie kommerwekkend want uit ondervinding weet ek dat honde vergiftig word sodat inbrekers en diewe ongestoord hul vuilwerk kan doen,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button