Editor's choiceLocal newsNews

Hulp vir vrou wat gras met skêr moet sny

"Dankbaar", Derbylaan, skryf per e-pos:

“Dankbaar”, Derbylaan, skryf per e-pos:

Ek wil net dankie sê dat daar nog mense, met groot harte, in hierdie dorp van ons is. My man het onlangs ‘n beroerte gehad en sy werk verloor.

Ek is nou die broodwinner in die huis. Ek loop toe ‘n paar weke gelede een van my ou skool vriendinne raak.

Sy en haar familie het, sonder om te huiwer, al meer as een keer vir ons kos gebring en ook my man na die hospitaal toe geneem wanneer dit nodig is.

Hulle doen dit uit vrye wil en sonder om te kla.

Intussen het iemand ons grassnyer gesteel en ons het ‘n groot erf.

Iemand moes gesien hoe ek en my dogter die gras met gewone skêre sny en die dag daarna het ‘n weldoener ‘n tuindiens na ons gestuur.

Ek weet glad nie wie die persoon is, wat die tuindiens georganiseer het nie, maar die tuin lyk so mooi en ons wil net dankie sê vir die persoon.

Mag ons Vader ook sy lig op almal van julle se pad laat skyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button