Editor's noteNewsSchools

Wiel aan die rol vir groot fees

Die wiel is aan die rol vir ’n groot fees vir oud en huidige Stoffies wat gedurende Oktober vanjaar plaasvind.

Groot beplanning is tans aan die gang om die totstandkoming van die Hoërskool Stoffberg, wat op 15 Oktober 1946 gestig is, later vanjaar te vier.

Nadat die Herald gedurende Maart ’n berig oor die fees gepubliseer het (Hoërskool Stoffberg het groot planne vir viering) het daar, volgens een van die organiseerders, ’n hele paar van die 1964-matrieks van hulle laat hoor.

“Dit was ’n groot verassing om, na aanleiding van die berig in die Brakpan Herald, reaksie van een van die eerste leerlinge van die Hoërskool Stoffberg, Johannes Vorster te kry,” het Lodi le Roux, organiseerder van die fees gesê.

“As ’n 80-jarige oud leerling het hy baie interessante staaltjies wat hy met ons kan deel oor die eerste jare in die geskiedenis van Hoërskool Stoffberg,” het le Roux bygevoeg.

“Hierdie volgehoue belangstelling in die doen en late van ons geliefde skool is ’n duidelike teken van lojalitiet en laat ’n mens se hart swel van trots.”

“Die fees gaan ook vir ons as Stoffies die geleentheid bied om aan alle oud en huidige onderwysers met opregte harte dankie te sê dat hulle ons, nie net vakkundig onderrig het nie, maar ook by ons diepsinniger lewenswaardes ingeskerp het wat vir almal van ons ‘n vaste fondament geskep het waarop ons ‘n menswaardige toekoms kon bou,” het le Roux gesê.

“Ons wil ook graag, as gevolg van onvermydelike kostes wat met so ‘n feestelike geleentheid gepaard gaan, ‘n versoek aan lojale ondersteuners van Hoërskool Stoffberg rig.”

“Ons is op soek na borge wat hierdie saak finansieël kan ondersteun. Enige bydraes, hoe gering ookal, sal baie welkom wees,” het le Roux gesê.

Alle bydraes kan by die kantoor by die hoërskool inbetaal word. As alternatief kan u vir Louw Pretorius by 082 800 1144 of vir Lodi le Roux by 081 844 4154.

Le Roux het bygevoeg dat alle oud Stoffies, huidige Stoffies en ander belangstellendes nou reeds die datum van 17 tot 19 Oktober in hul dagboeke aanteken.

’n Geselligheid sal op 17 Oktober gehou word waartydens bekende oud-Stoffbergers soos die sanger André Swiegers, die akteur en musiekant Lieb Bester en die RSG sportkommentator Pieter van den Berg sal optree.

Vir die matrikulante van 1964 word daar vir 18 Oktober ’n reünie gereël en die feesvieringe word op 19 Oktober afgesluit met ’n dankseggingsdiens by die NG Kerk, Brakpan-Wes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button