Muriel Brand se atlete ryg die medaljes in
‘n Groot groep atlete van die Muriel Brand Skool het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Spele vir Gestremdes, in Stellenbosch, gaan deelneem.
Die groep het hulle uitmuntend van hul taak gekwyt en altemsaam 23 goue, 16 silwer en vyf brons medaljes verower.
Junior Mavuso het het ook die Suid-Afrikaanse rekord in verspring (o-20) verbeter.
Die ander deelnemers en uitblinkers wat medaljes huis toe gebring het is:
Nedine Sithole (drie goud); Zuandri Kock ( een goud en twee brons); Itumeleng Kekana (drie silwer); Nontokozo Mbatha (een goud, een silwer en twee brons); Jodene Scott (een goud en twee silwer); Joshua Irving (drie goud en een brons); Grant Fisher (drie silwer); Omar Abdul (drie goud); Danie du Plooy (drie goud); Emmanuel Swart (een goud en een silwer); Thabang Mokoena (vier goud); Wynand Bronhorst (een goud en drie silwer); Junior Mavuso (een goud, drie silwer); Sicelo Mdluli (goud vir deelname aan die SA sokkerspan).



