LettersOpinion

Besorgdheid van ouer kry steun

"Nog ‘n bekommerde ouer" skryf:

Die onlangse briewe in die Herald oor ‘n ouer se struwelinge met ‘n plaaslike hoërskool verwys.

Ek wil ook graag ‘n stuiwer in die beurs gooi.

Dit is my hoop dat die beheerraad en hoof van die skool gaan ag slaan op die klagtes wat in die briewe gelys is.

Die menings wat hierin weerspieël is, is nie uniek aan hierdie skrywers nie, maar word deur baie ouers gedeel.

Daar is te veel wat terleurstel by hierdie skool. Ek verstaan dat geen instelling perfek is nie, maar ek doen ‘n beroep op die bestuur van die skool om asseblief meer klem op die individuele kind te plaas, en minder op julle reputasie op die sportveld.

Die ander kinders verdien ook ‘n opvoeding. En die opvoeding van kinders is tog ‘n gawe wat u geskenk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button