Tyd om jou belastingopgawe in te dien
Die belastingseisoen vir 2014 is vanaf vandag (1 Julie) oop en individue het nou die geleentheid om hul belasting opgawes in te dien.

Almal hoef egter nie ‘n opgawe in te dien nie.
Indien al die volgende punte vir jou geld, hoef jy nie ‘n opgawe in te dien nie:
* Jou totale salaris voor belasting vir die volle jaar is nie meer as R250 000 nie.
* Jy het net een werkgewer.
* Jy het geen ander inkomste nie (bv rente of huurinkomste).
* Jy wil geen belastingaftrekkings eis nie (bv mediese uitgawes, aftreevoorsiening, reiskoste).
Indien jy beplan om jou opgawe by ‘n tak van SARS in te dien, en nie aanlyn nie, maak dan seker dat jy al die nodige dokumemte byderhand het.
Verlangde dokumente:
* Oorspronklike of gesertifiseerde bewys van identiteit (ID-boek, paspoort of rybewys).
* IRP5- of IT3(a)-sertifikate van jou werkgewer of pensioenfonds.
Dokumente, indien toepaslik:
* Finansiële state (bv besigheidsikomste).
* Mediesefondssertifikate en –kwitansies.
* Uittree-annuteitsertifiate.
* Belastingsertifikate vir beleggingsinkomste (IT3(b)).
* Voltooide vorm ter bevestiging van diagnose van gestremdheid (ITR-DD).
* Inligting oor kapitaalwins-transaksies.
* Ooreenkomste vir die Vrywillige Blootleggingsprogram (VDP).
* Logboek.
Die publiek moet ook nou versigtig wees en nie om die bos gelei word deur e-posse wat jou persoonlike besonderhede vra nie.
* SARS sal nooit jou persoonlike of bankbesonderhede versoek in enige korrespondensie wat jy per pos, e-pos, foon, of SMS ontvang nie.
* SARS sal ook nie hiperkoppels met ander webtuistes aan jou stuur nie – selfs nie eens dié van banke nie.
* Die SARS-webtuiste het geen hiperkoppels met enige bank nie.
Persone wat meer inligting verlang kan SARS se webtuiste by www.sars.gov.za besoek, of 0800 00 7277 skakel.



