Editor's noteNewsSchools

Drie oud-Stoffbergers tree by Stoffiefees op

Die finale reëlings en afronding vir die komende Stoffiefees, wat die naweek van 17 tot 19 Oktober plaasvind, vorder goed.

Een van die hoogtepunte is ‘n konsert waar die oudleerlinge André Swiegers, Lieb Bester en Pieter van der Berg as gaskunstenaars sal optree.

Dit vind op Vrydag, 17 Oktober in die Peet Aucamp Saal by die Hoërskool Stoffberg plaas.

‘n Ligte vingerete en ‘n kaas en wyn funksie sal die konsert voorafgaan. Die verrigtinge sal om 7nm begin.

Die toegangsfooi sluit die vingerete en kaas en wyn in.

Kaartjies vir die konsert is by die skool, Benn’s Apteek, Adno’s uitrusters, Centreline Stationers sowel as die Plaaskombuis by die Brakpan Tuinsentrum beskikbaar.

Om die aand nog meer interessant te maak kan 10 gelukkige persone elkeen ‘n geskenkpak van parfuums ter waarde van R1 000 wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button