Groot verrassing vir groot Leeu ondersteunder
Die 17-jarige Clinton Shortridge, van Dalview, is sekerlik een van die grootste ondersteunders van die Leeus rugbyspan.
Hy probeer om sover moontlik al die wedstryde by te woon en hy staan altyd bankvas agter die span. Wen of verloor.
“Ons gaan kyk gereeld na die Leeus se wedstryde,” het sy ma, Elsebé, wat self ‘n groot ondersteuner is, gesê.
“Clinton se droom was nog altyd om die Leeus se mascot (gelukbringer) te ontmoet.
“Ons sien altyd die fris leeu langs die veld en Clinton het nog altyd die hoop uitgespreek om self met hom blad te skuk.”
Sy het ‘n paar toutjies getrek en verlede Dinsdagaand het Clinton die verrassing van sy lewe gekry, toe die mascot by die Shortridge woning, in Dalview, opgedaag het.
“Clinton kon skaars sy oë glo. Dit was ‘n baie aangename besoek en natuurlik was die Leeus se oorwinning oor die Sharks, die afgelope naweek, die kersie op die koek,” het Elsebé gesê.



